Community

Ou Mattie verlaat ons

13-Ouma Mattie

Martha Maria Cornelia Greenway of Ouma Mattie is skielik oorlede op die ouderdom van 83 op 17 Maart. Haar roudiens was waargeneem deur Ds Jannie du Plessis vanuit die Nederduitse Gereformeerde Kerk, Northam op 20 Maart.  Ouma Mattie sal onthou word as ‘n geloofsmens wat naby aan die Vader se voete geleef het, sy was altyd nederig en wou altyd iets vir almal gee. Daar was altyd ‘n piesangbroodjie of melktert vir iemand en nooit het sy iemand se verjaarsdag vergeet nie.