Sport

Dubbel Argus vir plaaslike fietsryer

THABAZIMBI – Thabazimbi en die aangrensende myne het vanjaar weer heelwat fietsryers gehad wat die Pick n Pay Argus padfietsren van 108km aangedurf het. Die wedren wat die grootste van sy soort ter wêreld is, het meer as 35,000 deelnemers gehad. Die wedren het in die middestad van Kaapstad begin en by die Kaapstadse Internasionale stadion geëindig.

Vanjaar is die wedren teen ‘n baie sterk Suidooste wind begin wat teen ‘n sterkte van 30km/h vir ongeveer 40km reg van voor teen die fietsryers gewaai het. Die uiteinde hiervan was dat die tye ongeveer 10 minute stadiger as gewoonlik was met die uiteindelike wentyd van Nolan Hoffman (Team Abantu) 2:39min.

Riaan Nagel het vanjaar die eerste Thaba ryer ooit geword om ‘n dubbel Argus te voltooi nadat hy op uitnodiging van die Argus organiseerders ‘n tweede rondte ten bate van liefdadigheid gedoen het. Direk na sy eerste rondte,  wat in 3h 06 min voltooi is, is hy  weer na die begin om saam met die laaste groepe – wat toe nog wag – weg te spring. Sy tweede rondte is net oor die 4ure voltooi

Black Rock riders van Swartklip se dames tandemspan – bestaande uit Karin en Patrys Pieterse  het ‘n uitstekende 3de plek in die dames tandem divisie behaal.

12-Argus Riaan

Langs Riaan Nagel (links op die foto) is Constant Steyn wat sy eerste Argus gery het. Riaan het die eerste deel van die 2de rondte saam met hom gery.