Neos Atletiek Klub prestasies
PIETERSBURG – Neos atletiek klub het Saterdag 8 Maart tydens die provinsiale klub kampioenskappe in Pietersburg, besonders goed presteer. Atlete van Neos atletiek klub is besig om van krag tot krag te groei as gekyk word na die uitslae van Saterdag se byeenkoms. Dit is veral die baan atlete van die klub wat uitsonderlik presteer.
Goeie prestasies wat behaal is, is Eerste plekke: Simeon du Toit S o/19 (400m), Amandrie le Roux D 0/19 (800m). Tweede plekke: Claire van Lente D 0/15 (200m), Thomas Butler S 0/15 (200m en 400m) Leané du Plooy D 0/17 (200m). Derde plekke: Claire van Lente D 0/15 (400m), Leané du Plooy D 0/17 (100m), Amandrie le Roux D o/19 (400m) en Simeon du Toit S o/19 (200m).
Die volgende atlete het dan ook gekwalifiseer om aan die SA klubatletiek kampioenskappe deel te neem: Simeon du Toit , Leané du Plooy en Amandrie le Roux. Nog ‘n atleet, Henriette le Roux wat November verlede jaar reeds kwalifiserende tye vir Junior Wêreld Spele in Kanada gehardloop het in die 400m hekkies, se seisoen is ongelukkig kortgeknip deur ‘n lastige spierbesering en sal sy ongelukkig ook nie aan die SA Kampioenskappe kan deelneem nie.
Die SA byeenkoms sal hierdie jaar in Stellenbosch plaasvind en word hierdie drie atlete sterkte toegewens met hul deelname. Neos atletiekklub wil hiermee ook hul dank uitspreek teenoor Hoërskool Frikkie Meyer vir die gebruik van hulle baan, terwyl die baan van Neos besig is om opgegradeer te word.
Atlete wat vir Neos Atletiek Klub deelgeneem het aan die Provinsiale Kampioenskappe in Pietersburg. Hulle is vlnr: Karabo Matlala, Claire van Lente, Shimane Mabusela en Wynad Kotze. Agter: Thomas Butler, Simeon du Toit, Henriette le Roux en Amandrie le Roux.