Sport

Groot opgewondenheid vir Hengelklub se eerste

THABAZIMBI – Thabazimbi Hengelklub het hul eerste kompetisie vir 2014 op Sondag 26 Januarie by Northam Konsentrator aangebied.

Die opgewonde hengelaars was almal reeds om 05:00 by die dam waartydens daar penne getrek is. Die kompetisie het amptelik om 06:00 afgeskop en daar is tot 15:00 hard gehengel.

Die wenners is bepaal deur die meeste punte bereken teen 10 punte per vis en 10 punte per hengelaar.

Daar was nagenoeg 30 hengelaars wat aan die kompetise deelgeneem het.

Die wenners was: Seniors: Piet Bezuidenhout (eersteplek), Tommy Swanepoel (tweedeplek) en Ralph Kissack (derdeplek). Dames: Nicolene Heydenrych (eersteplek), Martie Murray (tweedeplek) en Sally Louwrens (derdeplek). Juniors: Deon Bender (eersteplek), Martin Scheepers (tweedeplek) en geen derdeplek. Penkoppe: PJ Bezuidenhout (eersteplek), Johann Coetzee (tweedeplek) en Tommie Swanepoel (derdeplek). Cubs: MJ Klopper (eersteplek), Ewald Botha (tweedeplek) en geen derdeplek.

Almal is baie ernstig besig met voorbereiding vir die Bosveldtrofee.

Die wenners van die hengelkompetisie op Sondag 26 Januarie 2014 te Northam Konsentrator, heel agter vlnr: Ralph Kissack, Tommy Swanepoel en Piet Bezuidenhout. Middel: Sally Louwrens, Deon Bender, Martin Scheepers, Martie Murray en Nicolene Heydenrych. Voor: Johann Coetzee, Ewald Botha, MJ Klopper, PJ Bezuidenhout en Tommy Swanepoel.