Swaar weer by hengelkompetisie

THABAZIMBI – Thabazimbi Hengelklub het op 26 en 27 Oktober hul maandelikse hengelkompetisie by Andries Pretorius aangebied.

Volgens die organiseerders het die swaar weer nie die hengelaars gestuit nie. Die wenners is bepaal deur dié wat die swaarste sakke vis ingeweeg het. Rekords het die naweek in die slag gebly. Die wenners was as volg gewees: Seniors: Tommy Swanepoel (eersteplek), Hannes Scheepers (tweedeplek) en Jan Louw (derdeplek). Dames: Geen hengelaars. Juniors: Deon Bender (eersteplek), Shaun Pieterse (tweedeplek) en Martin Scheepers (derdeplek). Penkoppe: PJ Bezuidenhout (eersteplek), Tiaan Swanepoel (tweedeplek) en Tommy Swanepoel (derdeplek). Cubs: Ewald Botha (eersteplek).

45-Hengel

Die wenners van die maandelikse hengelkompetisie, heel agter vlnr: Jan Louw, Hannes Scheepers en Tommy Swanepoel. Agter: Martin Scheepers, Shaun Pieterse en Deon Bender. Middel: Tiaan Swanepoel en PJ Bezuidenhout. Voor: Ewald Botha en Tommy Swanepoel (jr).