Gesigte van armoede bekendgestel

Armoede lyk nie vir almal dieselfde nie. Mense wat self in armoede vasgevang is, ervaar dit as ? tekort aan verskeie tasbare dinge. Mense wat op ? afstand met armoede werk, beskou dit as ? verlies van hoop en moedeloosheid, terwyl akademici armoede met tegniese terme soos “absoluut” en “relatief” omskryf.

Solidariteit Helpende Hand het navorsing gedoen oor die verskillende gesigte van armoede, juis om dit beter te verstaan en beter oplossings vir die bekamping daarvan te vind. Dié navorsing word Vrydag 20 September tydens Helpende Hand se tweejaarlikse kongres by Klein Kariba in Bela-Bela bekendgestel.

Die verslag ondersoek hoe armoede vir verskillende mense lyk, hoekom mense in armoede verval en daar bly en wat die oplossings vir die bekamping van armoede is. Die Gesigte van armoede-verslag vra mense om vir ? ruk in iemand anders se skoene te staan om hulle lewens beter te verstaan. Die kongresgangers word derhalwe aangemoedig om skoene aan Helpende Hand te skenk. Dié skoene sal aan weerlose lede van die Limpopo-gemeenskap geskenk word.

 

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.