Skopboksers verdien goud
THABAZIMBI – Gedurende die afgelope graduering van Thabazimbi Skopboksers, moes die studente hul beste voet en vuis voorsit om te bepaal of hulle voldoen aan hul volgende belt-standaard.
Studente moet hul vermoë om te veg duidelik demonstreer om hulself te verdedig en om toernooi gevegte te kan veg, aangesien dit ‘n vegkuns is.
Verskillende belde word toegeken om te onderskei tussen beginners en gevorderde studente. So motiveer dit dan die student om gedurig te verbeter op hulself. Al die aspekte van fiksheid, hand en voet kombinasies, kennis en vaardigheid word gemeet. Hierdie groep voldoen aan ‘n baie hoë standaard in hul onderskeie belt-groepe en is hul klas werd in goud.
Shihan Peet van Breda wens die skopboksers geluk met hul gradueering en voorspoed met die toernooi wat nog kom. “Sukses kom oor die langtermyn van aanhou, getroue bywoning van klasse en dissipline.” Het hy aan Kwêvoël gesê.
“Skopboks is een van die sport soorte wat reeds vyf en twintig jaar konstant met die Kwêvoël saamkom en ons wens julle as span geluk met jul verjaarsdag en dankie vir die uitsonderlike diens wat julle aan ons ge1meenskap lewer. Beste wense vir die toekoms.”
Die skopboksers van Thabazimbi Skopboksklub het na afloop van hul onlangse graduering.