Ses skole het op Saterdag 18 Mei teen mekaar te staan gekom tydens die Bulletjie Rugbydag op die tuisveld van L/S Thabazimbi. Laerskole Thabazimbi, Koedoeskop, Vanwykskraal, Ellisras, Bosveld en Warmbad het aan die vriendskaplik-gedrewe wedstryde deelgeneem.

