Boelies – ‘n dreigende bom
In die lig van Kinderbeskermingsweek gedurende 27 Mei – 2 Junie, fokus Fedhealth vanjaar op “boelies”.
Volgens ‘n onlangse opname wat met 3079 tieners en familielede tussen die ouderdom van 13-21 jaar gedoen is, is bevind dat 57% van skoolgaande kinders een of ander tyd in hul lewe geboelie is.
Die opname is gedoen deur Pondering Panda, ‘n verbruikersinsig maatskappy en het die inligting deur die sosiale platform, Mxit, oor ‘n periode van drie dae in Januarie vanjaar, verkry.
Die skrikwekkende realiteit is dat die syfers egter veel hoër mag wees aangesien slegs hoërskole en nie laerskole in die opname gebruik is.
Verbale aftakeling is die mees algemene soort mishandeling met 52%, daarna kom fisiese boeliery voor met 26%, gevolg deur kuberruimboelie met 16% van al die gevalle.
Verbale mishandeling bestaan uit ‘n tergery of spottery terwyl fisiese mishandeling ‘n stampery of slanery insluit. Kuberboeliery word toegepas deur selfone, e-posse of sosiale netwerke. Wat meer kommerwekkend is, is dat 45% sê dat leerders by hul skool gewere, messe en ander wapens skool toe neem.
Die redes agter boeliery varieer. Terwyl enige kind ‘n slagoffer van boelies kan word, is sommige kinders meer kwesbaar as ander. Hierdie faktore sluit in: ouderdom (jonger kinders word deur ouer kinders geboelie), ras of kultuur, hoe hulle lyk (hulle is dalk kort, lank of oorgewig vir hul ouderdom), fisiese eienskappe (soos om ‘n bril te dra of ‘n spraakprobleem te hê of draadjies te dra), akademie (hulle is dalk baie slim of sukkel in klas), vroeë of vertraagde seksuele ontwikkeling, die manier waarop hulle aantrek, hoeveel geld hulle het (of nie het nie), gestremdhede of ouer (‘n ouer kan dalk oorgewig of werkloos wees of het dalk ‘n sekere werk in die gemeenskap).
Wat kan ouers doen? Daar is ‘n groot verskil tussen kinders wat geboelie en gespot word en dit is belangrik vir ouers om tussen die gevalle te onderskei. ‘n Gespot of tergery word gewoonlik in goeie pret gedoen en word nie bedoel om lelik of ernstig te wees nie. Spottery is gewoonlik van korte duur en het nie die bedoeling om die kind te verneder nie. Boeliery aan die anderkant, is wreed en die aggressor se doel is om die slagoffer seer te maak. As ‘n kind sê hy word in die skool geboelie, moet dit ernstig opgeneem word. Boeliery kan ‘n kind depressief, angstig en selfs bang maak.
Navorsing toon dat soos boelies ouer word, kan hulle meer gewelddadig in hul aksies word. Studies toon verder dat kinders wat boelie, geboelie is of self mishandel is en dat hulle onvoldoende tuis voel of in ‘n skool omgewing en sodoende hul omstandighede te hanteer deur te boelie as ‘n manier om die gevoel van mag of beheer te kry oor hul eie lot.
Childline SA beveel aan dat jy die volgende met jou kind bespreek:
Vertel iemand dat jy geboelie word, of dit ‘n vertroueling is by die skool of tuis, moenie skaam wees daaroor nie; vra die boelie om te stop, hulle besef dalk nie dat hul gedrag die kind seer maak nie; as die boeliery nie stop nie, vermy dit om alleen by die aggressor te wees, boelies sal in ‘n mindere mate ‘n geveg begin wanneer hulle tussen ander is; weet dat jy ‘n spesiale persoon is en dat dit nie jou aksies is wat hierdie boeliery aangebring het nie.
Fedhealth beskik oor ‘n trauma voordeel wat gratis vir lede beskikbaar is as hulle vermoed dat hul kind geboelie word en hulp nodig het.
