Sport

Swemmers presteer by SA Level 1 Gala

THABAZIMBI – Swemmers van Thaba Flyers het ter afsluiting van die seisoen goeie tye behaal by die SA Level 1 Gala te Hillcrest Pretoria wat vanaf 5-7 April plaasgevind het.

Liandi Pienaar het al haar tye met tot drie sekondes verbeter en ‘n vyfdeplek in die 100m Vlinderslag in die Ope Afdeling behaal, dit was ook haar beste vir die seisoen. Anmarie Schutte se tye is af met tot vier sekondes en behaal haar beste tye met die 100m Borsslag in die finaal. Wilmien Schutte was met die 50m Rug-, 50m Vlinder- en 100m Vlinderslag in die finaal en behaal ‘n tweedeplek en derdeplekke met die 50m Rug- en 100m Vlinderslag. Sy verbeter haar 100m Vlinderslag tyd met 6 sekondes.

Hul afrigter, Rhoné Rheeders, het aan Kwêvoël gesê dat sy baie trots is op die swemmers wat Thabazimbi se naam so hoog gehou het. Hulle skop Woensdag met hul Winterprogram by HFM af en nooi Laer- en Hoërskool swemmers uit om aan te sluit. Vir enige navrae, kontak Rhoné Rheeders by 0799381455.

SONY DSC

Wilmien Schutte, Liandi Pienaar, Rhoné Rheerders (afrigter) en Anmarie Schutte.