General

Wen orgidieë

15-Orgidee wenner

Tydens die Vlakte Orgideeverening se Maart 2013 vergadering is hierdie Paphiopedilum Magic Lantern, van die voorsitter, Riaan de Villiers, as die wenplant aangewys. Die Vlakte Orgideevereniging se volgende vergadering vind plaas op Saterdag 27 April 2013 om 14:00 by Chris en Delia Bogaards in Modimolle. Kontak gerus die sekretaresse, Delia Bogaards, by 081 4777 374 vir enige navrae. Meer besonderhede oor Die Vlakte Orgideevereniging se skou in Mookgopong op 5 en 6 Julie in die NG Kerksaal sal by ‘n latere geleentheid bekend gemaak word. Al die orgideekwekers in die bosveld word genooi om solank hierdie datum aan te teken om bietjie kers op te steek by die ander orgideekwekers in die omgewing.