Wêreldwye alarm vir mens- en troeteldier obesiteit

Deur Dr Minette Nel (BVSc)

Volgens die Wêreld Gesondheid Organisasie het globale obesiteit getalle verdubbel vanaf 1980. Diabetes gevalle het ook drasties toe geneem.

Die obesiteit epidemie kom ook voor in die troeteldier populasie.  Dr Guy Fyvie is een van die voorste spesialiste in troeteldier obesiteit in Suid-Afrika.

“As diereoorgewig of obese is het katte en honde ‘n groter risiko om asemhalings probleme, hartsiektes, arthritis en kanker te ontwikkel.  ‘n Vet kat het vier keer meer kans om suiker siekte te ontwikkel.  Mense wat hulle diere oorvoer kan hulle diere se lewensduur verkort.”

Obesiteit word veroorsaak deur ‘n kombinasie van faktore. ’n Hoër kalorie inname as wat verbruik word deur die liggaam. Ouer diere en diere wat gesteriliseer is, is geneig om makliker oorgewig te wees as gevolg van ‘n verlaagde metabolisme. ‘n Onderaktiewe skildklier, wat raar is maar wel voorkom, kan ook obesiteit veroorsaak.

Sterilisasie en kastrasie van u troeteldiere: Diere wat gesteriliseer word kan ‘n moontlikheid hê om na die operasie met gewig toe teneem. Die rede hiervoor is ’n verlaging in metabolisme as gevolg van die verwydering van die hormone uit die liggaam. U word aangeraai om die liggaamskondisie van u dier fyn dop te hou na die operasie. Daar is verskeie kosse waarop u troeteldier geplaas kan word as voorkoming dat hulle ongewenste gewig optel. ‘n Veterinêre “light” dieët kan werk. Deesdae is daar spesifieke kosse vir gesteriliseerde diere. Eukanuba het byvoorbeeld ’n “Overweight and sterilized” kos vir honde en katte. Hills Science Plan het byvoorbeeld ’n ”sterilized cat” kos. Raadpleeg asb u veearts wat die mees geskikte dieet is vir u dier se unieke behoeftes.

In watter kondisie is u troeteldier?

Die “Body score condition”(BSC) is ‘n instrument wat help om te bepaal of u dier oorgewig is of nie. Ons kyk na die ribbe, die “abdominal tuck” en die vetneerslag rondom die nek en die basis van die stert.

As jy oor jou dier se ribbe vryf moet jy maklik sy ribbe kan voel. As jy van bo afkyk moet hy ‘n duidelike middel voor sy heupe hê. In die geval is jou dier in ‘n ideale liggaamskondisie.

Kyk na Hill’s Science plan se website onder ”Petslimmers” om prentjies te sien hoe die ideale of te maer of te vet dier lyk.

Indien u dier oorgewig is vra u veearts vir ‘n spesiale dieët om hom/haar by hulle ideale gewig te kry. Die praktyk bied ’n gratis “weight clinic” aan waar u dier elke 2 weke inkom om geweeg te word en die dieet aangepas word indien nodig.

U, as eienaar is die een wat u troeteldier se kondisie kan beheer en hulle lewe kan verleng deur die korrekte voeding te verskaf. Die beste kwaliteit en ook die aanbevole kwantiteit.

Oefening speel ook ‘n baie belangrike rol in u dier se gesondheid. Raadpleeg asseblief u veearts as u vrae het oor u dier se liggaamskondisie.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.