THABAZIMBI – Thaba Hengelklub se eerste prysuitdeling het by Jood se dam plaasgevind.
Septembermaand se kompetisie het Thaba Hengelklub verdeel tussen twee damme om dit sodoende moontlik te maak vir almal om die kompetisie van Oktober by te woon. Die damme wat gehengel is was Verdrag en Roodekoppies.
Alhoewel ‘n kouefront oor die land geheers het tydens die Verdrag kompetisie het die hengelaars redelik goed gevaar. Die kompetisie wenners is bepaal deur die hengelaar wat die swaarste sak vis ingeweeg het.
Die wenners was as volg: Swaarstesak – Juniors: Deon Bender (eersteplek), Jeandre v Staden (tweedeplek) en Louwrens Kidson (derdeplek). Swaarste sak – Dames: Desre Pretorius (eersteplek), Nicolene Heydenrych (tweedeplek) en Martie Murray (derdeplek). Swaarste sak – Seniors: Ralph Kissack (eersteplek), Willem Heydenrych (tweedeplek) en Jan Bender (derdeplek). Tydens hierdie kompetisie het die penkoppies en die cubs gesukkel en was
daar nie vir hulle wenners nie.
Dit is vir Thabazimbi Hengelklub egter ‘n groot voorreg om aan te kondig dat Jood se dam eersdaags weer vir die publiek beskikbaar sal wees vir hengel, kamp of sommer net braai. Om van hierdie fasiliteite gebruik te maak moet jy lid wees van Thabazimbi Hengelklub. Navrae kan gestuur word aan thabahengel@gmail.com of Thaba Boog en Hengel, Desre Pretorius.
Tydens die prysuitdeling by Jood se dam het die deelnemers heerlik saam gekuier en ‘n vleisie gebraai, agter vlnr: Desre Pretorius, Louwrens Kidson en Jeandre van Staden. Voor vlnr: Nicolene Heydenrych, Deon Bender, Willem Heydenrych en Jan Bender. Afwesig: Ralph Kissack en Martie Murray.


