Thaba Hengel by Northam Plats Dam

NORTHAM – Thaba Hengelklub se Oktober hengelkompetisie het by Northam Plats se Konsentrator Dam plaasgevind.

Buiten die wolkies wat gedreig het om uit te sak was dit ‘n heerlik

warm naweek met bietjie wind wat die polisiemanne laat swiep het.

Alhoewel reën voorspel is was daar gelukkig geen reën.

Die wenners is bepaal deur die persone wat die meeste punte bymekaar gemaak het. Die punte word bereken deur die persone wat die meeste vis gevang het met die swaarste gewig 10 punte per kilogram en 10 punte per vis.  Die Senior wenner, Ralph Kissack, het ‘n astronomies 77 vis gevang met ‘n sakgewig van 67kg. Hierdie prestasie het hom 1442 punte op die tabel gegee. Voorwaardelik ‘n puik prestasie.

Tydens die kompetisie het daar ‘n paar mooi visse uitgekom. Die wenners was as volg gewees: Meeste Punte – Penkoppe: Martin Scheepers (eersteplek), Geen tweede- en derdeplekwenners. Meeste Punte – Juniors: Louwrens Kidson (eersteplek), Deon Bender (tweedeplek) en Andrae v Staden (derdeplek). Meeste Punte – Dames: Nicolene Heydenrych (eersteplek), Desre Pretorius (tweedeplek) en Martie Murray (derdeplek). Meeste Punte –Seniors: Ralph Kissack (eersteplek), Hannes Scheepers (tweedeplek) en Leon J v Vuuren (derdeplek).

Die Oktobermaand hengelkompetisie wenners, agter vlnr: Louwrens Kidson, Hannes Scheepers, Ralph Kissack, Desre Pretorius en Leon J v

Vuuren. Voor vlnr: Deon Bender, Martin Scheepers, Andrae v Staden,

Martie Murray en Nicolene Heydenrych.