CommunityTop Stories

Kers lei tot reuse brand

KROMDRAAI – ‘n Weghol veldbrand het gelei tot brandskade op ses plotte op Saterdagmiddag 29 September.

Na bewering is die brand veroorsaak deurdat iemand ‘n graf skoongemaak het en ‘n kersie daarop gebrand het. Die wind het egter die vlammetjie aangehits en moes die Kromdraai brandspan tot laat met die vuur worstel.

Die Kromdraai brandspan en almal wat betrokke was by die brandslanery word bedank vir hul tyd en opoffering. Deur vinnige optrede en ‘n gemeenskap wat saamstaan het geen dier seergekry nie en geen geen skade aan infrastruktuur is aangemeld nie.

Ses plotte is deur ‘n weghol veldbrand op Saterdagmiddag beskadig.