Helpende Hand Hengelkompetisie
SWARTKLIP – Die Northam Helpende Hand-tak het op 2 September ‘n visvangkompetisie te Bierspruitdam, Swartklip aangebied.
Binne vyf minute nadat die kompetisie geopen is, is die eerste vis deur Felix Steenkamp gevang.
Heelwat lootjie pryse is deur die gemeenskap ontvang, sowel as drie groot pryse. Helpende Hand het ‘n pragtige bedrag van R2580 vir die dag ingesamel.
Ook die jongspan kon die dag se verrigtinge geniet en het heerlik op die springkasteel baljaar. Die deelnemers het saam by die dam gekuier en mekaar leer ken. Die borge word bedank vir hul bydrae om die dag ‘n sukses van te maak.
Helpende Hand-tak benodig egter nog baie nie-bederfbare kos, wat versprei word in die Northam en Swarklip gebied. R500 van hul insameling is aan ‘n bejaarde dame geskenk.
Vir verdere inligting oor Helpende Hand, skakel Mari Meinjes: 0820864915 (voorsitster), Rene Laas 0734299411 (visevoorsitster, Tesouriere) of Jenny Streak 0768702682 (sekretaresse).
Die organiseerders van die visvangkompetisie, agter vlnr: Corrie Streak (addisionele lid Helpende Hande), Petrus Fourie (addisionele lid HH). Voor vlnr: Jenny Streak (sekretaresse HH), Rene Laas (vise-voorsitster, tesouriere HH) en Sophia Fourie (addisionele lid HH).