Editorial

Wittes trek uiteindelik voordeel

Week 40 – 5 October 2012

 

Die nuutste teiken van die ANC, buiten die witmans wat die Suid-Afrikaanse ekonomie beheer, is die wit eienaarskap van die plaaslike media. Ondersoek word deur nog ‘n werkskeppende komitee, die PDMSA, ingestel om veral die plaaslike media te ondersoek omdat dit nie die demografie in terme van eienaarskap weerspieël nie. Grootte van die onderneming gaan blykbaar nie ‘n invloed hê nie, maar helfte van die eienaarskap moet swart wees.

Dit is dalk onmoontlik om enige van die swart entrepreneur wat gedurende die jare tagtig deur staatsinstellings (nogal die apartheidsregime) soos die Kleinsake Ontwikkelings Korporasie (KSOK) bevoordeel is om finansiering vir hul eie besighede teen baie lae rentekoerse te kry. Dit sluit in finansiering vir die toerusting waarvoor banke steeds vandag bang is om te finansier naamlik elektroniese toerusting vir drukkerye, drukperse en enigiets wat met die drukkersbedryf te doen het.

As onluikende entrepreneur gedurende die vroeë tagtigerjare, was my aansoek vier jaar deur die KSOK afgekeur omdat ek wit was. As dit nie daarvoor was dat hulle die dienste van Kwêvoël benodig het om hulle nuwe sakepersele in die industriële gebied te adverteer nie, sou ek ook nooit ‘n lening gekry het nie.

Die enigste rede hoekom hulle my eers toe oorweeg het was die feit dat ek die koerant alreeds meer as vier jaar bedryf het sonder enige finansiering, buiten die R3000 wat ek by die bank kon leen deur my lewenspolisse te sedeer. Ek het reeds die waarborg verskaf dat my onderneming lewensvatbaar is, ‘n waarborg wat geen swart entrepreneur selfs in daardie jare moes lewer nie.

Nou word daar van my verwag dat ek hierdie mislukkings, wat hulle swart entrepreneurs noem, die helfte van my besigheid moet gee omdat hy te onbekwaam en onnosel was om sy eie besigheid, wat deur die staat voorsien is, te bedryf. Dit is nou dertig jaar later en buiten die klein advertensieblaadjies wat geen nuus dra nie, maar geredelik ondernemings melk vir advertensie sonder enige waarborg dat dit die teikenmark bereik, kan Kwêvoël nog steeds sy rol in die gemeenskap vervul en werkgeleentheid aan elf werknemers, waarvan meer as 50% broodwinners is, verskaf. Wat se insette lewer die advertensieblaadjies in hierdie verband, buiten om hulself teen minimale oorhoofse koste en geen verpligtinge teenoor die gemeenskap en besigheidsbeloftes wat hulle nie kan staaf nie, te verryk.

Mens moet nie net na die negatiewe kyk nie. Vir die eerste keer sedert die tagtiger jare sal wit entrepreneurs nou ook al die voordeel geniet wat swart entrepreneurs sedert daardie tydperk geniet.

Die regering, in hierdie geval swart, is weereens besig om swart entrepreneurs te bevoordeel deurdat swart kleinsake eienaars vrygestel gaan word van al die ronpslomp van gelyke indiensneming, vrystelling van voorkeuraankope en al die beperkinge wat op wit sakemanne afgedwing word. Met 50% van jou aandele in swart hande sal wit vennote vir die eerste keer ‘n bietjie voordeel kan trek uit hierdie eensydige beleid wat reeds die afgelope 30 jaar of wat die swart entrepreneurs bevoordeel het.