Kofukan Karate Klub presteer
BRITS – Die Karate graderings het plaasgevind op 23 en 24 Julie te Brits. Sensei Mike Norman (SA Hoof van Karate Styl Kofukan Shukokai) sowel as Shihan Keiji Tomijama (Internasionale Hoof van Karate styl Shukokai) was teenwoordig.
Die Thabazimbi Kofukan Karate Klub het die volgende graderings verwerf, voor vlnr: Thabo Madisha (geel), Siya Molapisi (wit plus), Fiki Ribimbi (oranje) en Victor Viljoen (groen). Middel vlnr: Sensei Rainier le Roux (3de Dan Swart), Simba Chipidza (1ste bruin), Michael Knoetze (geel plus), Rustov Prinsloo (oranje), Morne Knoetze (oranje) en Sensei Marius Ferreira (6de Dan). Agter vlnr: Patrick Mothupi (1ste bruin) en Chrisjan Wallis (Junior Swart 1ste Dan). Afwesig: Janesta Stoltz (oranje).