Thabazimbi ritmiese gimnastiek maak skoonskip

Thabazimbi Ritmiese gimnastiekgroepie vlnr agter: Daneel Jacobs, Ross-Amy Els en Lynn-Mari Schoeman. Tweede ry: Rykie Combrink, Chantelle Meyer en Megan Brits. Eerste ry: Jané Coetzer, Carla Du Plessis, Elize-Marie Coetzer, Mariksa Coetzer en Charlee Barkenhuizen. Heelvoor: Lara du Plessis.

THABAZIMBI – Thabazimbi Ritmiese Gimnastiekklub se gimnaste het aan die Junior Novice kompetisie wat op Saterdag 5 Mei te Wits Universiteit plaasgevind het deelgeneem. Gimnaste van Noord-Wes, Limpopo, Gauteng en Mpumalanga, wat bekend staan as die Noord Zone, het deelgeneem, ‘n totaal van 395 gimnaste. Na baie harde werk en lang en ekstra ure se oefening het Thabazimbi Ritmiese Gimnastiekklub stof in die ander provinsies se oë geskop en hulself bewys met die volgende plekke en prestasies:

Die volgende gimnaste ontvang goud: Lara Du Plessis (Level 2), Carla Du Plessis(Level 1) en Mariska Coetzee (Level 1).

Silwer:

Elise-Mari Coetzee (Level 1), Rykie Combrink (Level 1), Daneel Jacobs (Level 1),

Chalee Barkenhuizen (Level 1), Jane Coetser  (Level 1), Chantelle Meyer (Level 2), Lynn-Mari Schoeman (Level 2), Megan Brits (Level 2) en Ross-Amy Els   (Level 3).

Daar het boonop ‘n groot verrassing op die spannetjie gewag toe hulle in groepsverband vir hul level 1 vir die ouderdomsgroep 0/11 ‘n algehele 3de plek (brons) ontvang het. 25 Klubs het in hierdie kategorie gekompeteer. Die groepie is: Daneel Jacobs, Rykie Combrink en Elise-Mari Coetzee.

Alle belangstellendes is welkom om Liezel Fourie (afrigter) te kontak by 082 624 9227.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.