Thabazimbi Boogklub behaal groot sukses

Die wenners van TBZ Boogklub se Limpopo Liga, agter vlnr: Leon Janse v Vuuren (silwer), Jood Swanepoel (goud) en Edward Swanepoel (goud). Middel vlnr: Louwrens Kidson (goud), Desré Pretorius (goud), Cilliers Miller (silwer), Jan Botha en Naas du Plessis (goud). Voor vlnr: Hannes Scheepers (brons), Hennie Bruwer (brons), Nickey Keeny (brons).

THABAZIMBI – Saterdag het Thabazimbi Boogklub die Limpopo Liga hier by die Koos Cronje skietbaan tydens die Wildsfees aangebied.

Die klub het die grootste opkoms nog gehad. Boogskutters, so net oor die 60, het van reg oor die Limpopo gekom om deel te neem. Sommiges het net kom skouer skuur met die Protea skuts wat binnekort vertrek na Argentinië. Almal het vrolik saam gekuier en die baan wat uitgelê was deur Pierre van der Walt, ook een van die skuts wat Argentinië toe gaan, was op almal se tonge – dit was van uitstaande gehalte – en het van die skuts bietjie laat sweet! Chris Welgemoed van Thaba Boog en Hengel is genader om die die prysuitdeling te behartig.

TBZ Boogklub bedank al die borge wat die dag vir hulle moontlik gemaak het, en elke lid wat sy lojaliteit betoon het. Hulle sou egter graag wou hê dat meer van hul eie omgewing se Boogskutters daar moes gewees het, maar volgende jaar maak hul weer so.

‘n Groot verassing was toe die stigterslid van Thabazimbi Boogklub, Dr Kirrie de Klerk, daar kom draai. Dit was vir hom net so riem onder die hart om te sien waar staan die klub wat hul destyds op die been gebring het.

Indien daar enige belangstellings is rondom die klub se bedrywighede kontak Desré by 084 548 0544. die klub kom Donderdagaande 17h00 by Koos Cronje skietklub byeen.