38 spelers ding mee vir Klubkampioentitel

THABAZIMBI – Agt en dertig entoesiastiese gholfspelers het op Saterdag 17 Maart aan die jaarlikse Klubkampioenskappe te Thabazimbi Gholfklub deelgeneem.

Die 36 putjies het nie die manne of die dames afgeskrik nie en tenspyte van die nat reën was die tellings baie goed.

Die uitslae is soos volg: Mans A Divisie:

Beste Bruto: Jaco Prinsloo 142, Beste Netto: JJ Behrens 149, Mans B Divisie:

Beste Bruto: J Sikwane 170, Beste Netto: H Human 149, Mans C Divisie: Beste Bruto: G Richter 185, Beste Netto: G Snyman en L v Niekerk 166, Dames:

Beste Bruto: L van Graan 182, Beste Netto: N Barnard 154 en Veterane: Beste Bruto: C Bronkhorst 171.

Op Sondag 18 Maart vind die Junior Kampioenskappe plaas en 12 spelers neem deel. Die klub is voorwaar trots op die mooi gholf wat die jong manne gespeel het en die uitslae is soos volg: Beste Bruto: A Azar 168 en Beste Netto: B v Rensburg 139.

Op Vrydag 13 April vind ‘n 9 putjie vleis kompetisie plaas en afslaan is vanaf 14:00. Op Saterdag 14 April vind die maandelikse slagspel plaas en almal is welkom.

Die klub wens ook vir Heinrich Penzhorn geluk met die toelating tot die GNGU onder 15 span vir die SA toernooi en baie sterkte word hom toegewens.