Dr Fouche praat by Bosveld oord oor Osteoarhritis

Dr Fouche saam met 2 van die bejaarders wat hulle verjaarsdae vier in Maart. Lnr Sophie Le Grange, Dr Leon Fouche, Andries Laubuschagne, Erna Fouche Dr Fouche se vrou.

Thabazimbi-Dr Fouche het verlede Woensdag die bejaardes van Bosveld bietjie meer vertel oor osteoarthritis. Wat die “siekte” behels en wat die behandeling daar van is.

Die naam artritis verwys na enige inflammasie van die gewrigte, en word ook gebruik vir ‘n verskeidenheid chroniese toestande wat gekenmerk word deur inflammasie van die gewrigte. Die algemeenste vorms van artritis is osteoartritis en rumatoïde artritis, maar daar is ‘n verskeidenheid minder algemene vorms wat soms verband hou met ander mediese probleme en soms nie. Hoewel artritis ‘n belangrike oorsaak is van gestremdheid by bejaardes, is dit nie beperk tot ouer mense nie, en kan dit selfs nou en dan baie jong kinders aantas.Osteoartritis is die algemeenste vorm van artritis, en hou oor die algemeen verband met die verwering deur gebruik van gewrigte. Die kraakbeen van aangetaste gewrigte verweer, sodat been teen been skuur. Aangesien die pasiënt weens pyn onwillig is om die aangetaste ledemaat te gebruik, kan die spiere wegkwyn.

Vergroting van die vinger- en toongewrigte kan lei tot die vorming van verdikkings wat bekend staan as knope van Heberden. Anders as by rumatoïde artritis, is die pyn geneig om te vererger met toenemende gebruik van die aangetaste ledemaat, en is dit dus geneig om erger te wees teen die einde van die dag. Teen die tyd dat hulle 65 is, ervaar die meeste mense ten minste ‘n mate van ongerief weens osteoartritis.Vatbaarheid vir osteoartritis toon ‘n familieneiging. Heberden se knope word blykbaar op Mendeliaanse wyse oorgeërf: Vroue wat een foutiewe kopie van die geen erf en mans wat een van elke ouer erf, ontwikkel byna altyd die toestand teen die ouderdom van 70 jaar.Behandeling is meestal ondersteunend. Matige oefening soos stap en swem word aanbeveel. Pynstillers, die gebruik van looprame, wandelstokke en kniestutte, sowel as gewigsverlies by oorgewig pasiënte, kan help om pyn te verminder.