Ouma vier 80 jaar

Ouma Joey Oosthuis

Ouma Joey Oosthuis het op Dinsdag 14 Februarie haar 80ste verjaarsdag gevier. Saam met haar op die foto is haar eggenoot, El. Haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders, wat haar baie lief het, wens haar ook baie geluk met haar verjaarsdag. “Mag die Here Ouma nog baie jare met ons deel, en mag Ouma nooit die melktert resep vergeet nie…”