
THABAZIMBI – Thabazimbi Hengelklub se eerste hengelkompetisie vir 2012 het plaasgevind gedurende die naweek van 27-28 Januarie 2012.
Die kompetisie het by Andries Pretorius plaasgevind en die wenners is bepaal deur die persone wie se sak visse die swaarste geweeg het. Daar was niks minder as 32 deelnemende hengelaars. Die wenners was as volg: Cubs Afdeling se wenners 0-6jr: Dalize Botha (eersteplek) en Siandi Humphries (tweedeplek). Penkoppe Afdeling 6-12jr: CW Humphries (eersteplek), Maartin Scheepers (tweedeplek) en
Mickayla Tullues (derdeplek). Junior Afdeling 12-18jr: Deon Bender (eersteplek),
Louwrens Kidson (tweedeplek) en Herman Meyer (derdeplek). Dames Afdeling: Desre Pretorius (eersteplek), Marietta Botha (tweedeplek) en Martie Murray (derdeplek). Senior Afdeling: Leon Janse van Vuuren (eersteplek), Hannes Scheepers (tweedeplek) en Theuns Botha (derdeplek).
Thaba Hengelklub is een van die min klubs wat die 0-6 jaar hengelaartjies akkommodeer. Normaalweg registreer hengelklub die voornemende hengelaars eers op sesjarige ouderdom.
Die volgende kompetisie vind plaas gedurende die
naweek van 25 – 26 Februarie by Roodekoppies. Alle belangstellende kan die klubvoorsitter Rudolph Dreyer kontak by 082 921 0963 / 083 348 2315
of thabahengel@gmail.com. Daar is veiligheidswagte by Roodekoppies ter wille van die hengelaars se veiligheid. Wenners se bepaal word deur die hengelaars wat die meeste punte inwin die betrokke naweek.

