Om die SS Thistlegorm te duik

Die tieners wat saam gegaan het op die Rooisee duik en al klaar geld bymekaar skraap om weer te gaan, Lizaan (17), Megan (17), T'Neill (14) en Chanel (17). Almal is Advance Nitrox.

ROOISEE – ‘n Groep duikers van die duikklub Flippers to Fins het in Oktober vanjaar in die Rooisee geduik.

Die hoogtepunt was die duik na die skeepswrak die SS Thistlegorm. Baie duikers sê dat hierdie duik jou terugvat deur tyd en baie besoekers ondervind verskeie emosies gedurende die duik.

Die visuele tekens van massiewe vernietiging en verlies is duidelik sigbaar by hierdie toneel. Dit is ook ‘n reuse onderwater museum, ‘n oorlogsgraf, ‘n unieke stukkie militêre geskiedenis en ‘n geleentheid om in die verlede te stap gedurende ‘n periode toe die vry wêreld onder bedreiging was van een van die mees tiranese regerings van die moderne tyd.

Die SS Thistlegorm is gesink deur Duitse bomvliegtuie op 6 Oktober 1941 gedurende die Tweede Wêreld oorlog. Dit lê dus al onderwater vir meer as sestig jaar. Hierdie bekende skip wat lê in die Seestraat van Gubal, Noordelike Rooisee, was die onderwerp van baie aktiwiteite en drama gedurende sy twee lewens as ‘n seevarende handelsskeep en as ‘n wêreldklas duikplek.

Desnieteenstaande die uitgebreide publieke kennis en belangstelling in Thistlegorm, lok dit steeds ‘n diepe sin van misterie uit. Duikers kan die wrak besoek van Sharm El Sheikh deur ‘n daaglikse boot of gedurende ‘n weeklange safari.

Geleë op ‘n bed van slegs dertig meter in goeie sigbaarheid is dit die perfekte wrak duik waarvan die skip baie van die oorspronklike vrag steeds aanboord het. Die boog is slegs 15 meter onderkant die oppervlak en die drywer by 70 meter. Die skip meet oor die vier honderd voet lank en behels verskeie duike om die lang boot volledige, binne en buite, te ontdek.

Seestrome kan soms sterk wees, nie te min, ankerlyne wat deur die gids geknoop word bied duikers die geleentheid om gemaklik na die veiligheid van die wrak te daal. Wanneer die duiker binne is, kan die skip verken word. Motorfietse, trokke, gewere en oorlogsvragte wat nooit hul bestemming sal bereik nie, lê steeds waar dit opgelaai was in 1941. Selfs al duik jy ‘n honderd keer die Thistlegorm is daar altyd iets nuuts om te sien.