Kerskossies vir TAR diertjies

Die troeteldierkos wat ingesamel is tydens die feesseisoen vir die diere in TAR se sorg.

THABAZIMBI – Marelize Nel van TAR (Thabazimbi Animal Rescue), het tydens die feesseisoen die inisiatief geneem om ‘n voedselinsamelingsprojek van stapel te stuur om te sorg dat die diere wat in TAR se sorg is, genoeg kos vir die vakansie sal hê.

Sy bedank graag namens TAR en die diertjies die gemeenskap vir hul mildelike bydrae asook vir Pick ‘n Pay en Thaba SuperSpar vir hulle samewerking.