THABAZIMBI – Tien stuk skaap is verlede Donderdagnag 6 Oktober van mnr Boshoff se plaas, Wachteenbietjesdraai op die Brits-pad gesteel.
Volgens mnr Boshoff het hulle eers die volgende oggend agtergekom die dorpers en damaras is weg nadat hul by die kraal aangekom het. Geknipte drade en vreemde spore is ook gevind. Die ondersoek duur voort en geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.
Drie damaras is in dieselfde tydperk by mnr Hans Human se plaas, Klipgat gesteel.
Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie. Kontak AO KP van Dyk by 078 25 10 860 indien u inligting het wat kan lei tot die opsporing en inhegtenisneming van die misdadigers.
Cumberland: Beeste is gesteel en deur drie plase gejaag tot oor die Botswana grens. Die Veediefstaleenheid ontvang tans goeie samewerking met Botswana polisie. Geen arrestasies is nog gemaak in hierdie verband nie.
