TAR se vriendskapshoekie

THABAZIMBI – Is u alleen?  Voel u eensaam as almal gaan vroeg slaap en niemand wil saam met u die TV fliek kyk nie?  Thabazimbi Animal Rescue het die antwoord… Hier onder is foto’s van moontlike beste vriende vir u.  TAR kan u waarborg dat hierdie vriende: nie van u sal skinder in die haarsalon of kroeg nie, heel vrywilliglik u vloere sal skoonhou van al die kossies wat u mors wanneer u kosmaak, u voete die hele nag sal warmlê sonder dat u in die na-nag moet opstaan om dit weer warm te maak, inbrekers verklap nog voordat hulle binne-in die huis is en u onbeskroomd en onvoorwaardelik liefhê, ook op u af-dae. Kyk net na hierdie drie foto’s. Hoe kan u na hierdie ogies kyk en nie die vriendelikheid aanvoel nie? As u ‘n troeteldier oorweeg, oorweeg dan een van hierdie diere. U sal nooit spyt wees nie, want ‘n weesdier is die dankbaarste wese as hy/sy liefde, kos en warm slaapplek kry. Baie dankie vir diegene wat wel een van TAR se weesdiere aanneem. Daar is nog baie wees-honde beskikbaar. Kontak Tania by 084 885 6487 vir meer inligting. Enigiemand wat ‘n donasie wil maak vir die nuwe hondehokke kan ‘n maklike internet oorbetaling in TAR se rekening doen. Selfs R10 sal al ‘n gaaitjie toestop. Thabazimbi Animal Rescue, Standard Bank
Business Current Account, Rek Nr: 411000667, Takkode: 054 246.