R10 000 beloning

THABAZIMBI – Na afloop van die SAMWU staking op Woensdag 24 Augustus, doen gerugte die rondte dat daar wel twee honde op ‘n wrede manier deur betogers doodgemaak is.

Na bewering is die een hond met stokke geslaan en met klippe doodgegooi terwyl ‘n tweede hond lewendig aan die brand gesteek is.

TAR (Thabazimbi Animal Rescue) doen ‘n beroep op ooggetuies om hulle te kontak sou hulle beskik oor selfoon video materiaal of foto’s wat kan bewys dat die honde wel lewend was ten tye van die barbaarse dade.

‘n Bedrag van R10 000 is deur ‘n weldoener beskikbaar gestel as beloning vir beeldmateriaal wat daartoe sal lei dat ‘n suksesvolle inhegtenisneming en skuldigbevinding gemaak word.

Skakel Tania by 084 885 6487 of Annelie by 082 651 5464.