
THABAZIMBI – Dit was nie net die kampioenbulle en –koeie wat die skougangers gelok het nie, maar ook die dorp se mooie meisies wat op Vrydagaand die toeskouers van die Mej Thabazimbi Skou Kroningsfunksie met hul uiterlike bekoor het.
Volgens die organiseerder van die geleentheid, Ursula Roux van Loranique’s Dansskool, was die opkoms fantasties. Die tema was “Bosveld” en die sowat 32 deelnemers moes beslis hul beste voetjie voorsit om die ses beoordelaars te beïndruk. Carin Richter, Sumarie Pelser, Jacques Koekemoer, Johan Snyman, Pierre Faure en Nicolene Kitching-Venter moes die moeilike taak van beoordeling behartig, terwyl Lisa Bronner en Rainier le Roux die kroningsfunksie aangebied het.

