
THABAZIMBI – Een van Mogol Stoeiklub, Thabazimbi-tak se stoeiers, Michelle Snyman, is gekies vir die SA Nasionale Kadetstoeispan wat gedurende Augustus 2011 na Szombathely, Hongarye gaan om aan ‘n oefenkamp en Internasionale toernooi deel te neem saam met nog nege lande regoor die wêreld. Die klub wens haar alle voorspoed toe.

