Vyf spanne neem deel aan Kampioenskappe

Laerskool Thabazimbi se Eerste rugbyspan, agter vlnr: Mnr Theron Brand (afrigter), Kenneth Boy, Andrew Khgotlang, Xavier Kock, Sean Thungo, Lee Mouton, Adriaan Koekemoer, Francois Buys en Zander Azar. Middel vlnr: Willem van der Merwe, Heinrich Hermann, Tiaan Raubenheimer, Shaun Steenkamp, Michael van der Linde en Maartin Venter. Voor vlnr: Grant Matlou, Marco le Roux, Ruduan Joubert, Ettienne van Staden en Giniel Kock.

THABAZIMBI – Vyf rugbyspanne van Laerskool Thabazimbi het verlede Donderdag, 16 Junie aan die Limpopo Provinsiale Kampioenskappe deelgeneem.

Die O/9 en O/11 rugbyspanne verloor teen Tzaneen in die semi-finale rondtes.

Die O/10 rugbyspan van Laerskool Thabazimbi het teen Laerskool Pietersburg in die semifinaal gewen en speel gelykop in die finaal teen Laerskool Tzaneen.

Dit maak die spanne die Provinsiale wenners in hulle afdeling. Die Tweede rugbyspan van Laerskool Thabazimbi het teen Laerskool Pietersburg gewen en gelykop gespeel teen Laerskool Oosskool.  Dit maak hulle die provinsiale wenners in hulle afdeling. Die Eerstespan van Laerskool Thabazimbi wen Pietersburg in die semi-finaal, maar val ongelukkig vas in die finaal teen Oosskool.

Dié span het die seisoen al hulle wedstryde gewen en die skool is trots op al die rugbyseuns wat die hele seisoen die skool se naam hoog gehou het.