Thaba Stoeiers verower medaljes

Die stoeiers van Mogol Stoeiklub van Thabazimbi tydens die beginners toernooi te Potgietersrus op Saterdag 11 Junie. Voor vlnr: Stefan Geldenhuys, Gerhard Snyman en Jóvan Barkenhuizen. Agter vlnr: Ruan Geldenhuys, Duncan Loubser en Louis Trichardt.

THABAZIMBI – Thaba Stoeiers van die Mogol Stoeiklub het die afgelope twee naweke aan verskillende toernooie deelgeneem en teruggekeer met uitstekende uitslae.

Die eerste toernooi was op 11 Junie te Potgietersrus. Die stoeiers moes vir die Inter- en Beginnersklub gestoei het. Mogol Stoeiklub het die tweedeplek ingeneem, met die volgende resultate: Duncan Loubser vir O/13 verower twee silwer medaljes, Ruan Geldenhuys vir O/12 verower een goud en een silwer medalje, Gerhard Snyman vir O/11 verower een goud en een silwer medalje, Jóvan Barkenhuizen vir O/10 verower twee silwer en een brons  medalje, Louis Trichardt verower een goud en een silwer medalje en Stefan Geldenhuys vir O/09 verower een goud en een silwer medalje.

Met die klub se deelname aan die Wintersope te Ellispark op 18 Junie het die klub se stoeiers as volg gepresteer: Ruan Geldenhuys ontvang brons, Stefan Geldenhuys ontvang brons, Jòvan Barkenhuizen ontvang brons, Michelle Snyman ontvang brons, Gerhard Snyman ontvang silwer en Karien Snyman ontvang goud.