LS Koedoeskop Limpopo Wenners

Die O/10 Rugbyspan van LS Koedoeskop het chronologies as volg uitgedraf: Dirco Slabbert, Ricky Bossert, Wiam Botha, Ruan Smit, Ruan de Bruyn, Anema Denton, Bertus Sadie, JT Cronjé, Brendan du Bruyn, Luan Botha, Carlu Vos, Scott Denton, Brandon Pienaar, Mark-Anthony de Bruin, Gustav Grobler, Stefan Breet, Stefan Coetzee en JP Koekemoer.

KOEDOESKOP – Die O/10 Rugbyspan van Laerskool Koedoeskop het op Donderdag 16 Junie op HS Warmbad se veld teen Dr Annecke meegeding en gewen.

Die uitspeelwedstryd teen Mariepskop wen hulle met 12 punte teenoor 0 en tree as Limpopo Wenners uit die stryd. Die O/11 Rugbyspan was Limpopo Naaswenners. Hulle het teen Duiwelskloof gewen, maar teen Eugene Marais met 10 punte teenoor Eugene Marais se 12 punte, verloor.