Beste Jukskei Sekretaris in SA van Thaba

Bossie Liebenberg (regs) is aangewys as die Beste Sekretaris in SA van al die Unies vir 2010/11 Seisoen. Op die foto saam met hom is Thinus Barnard, President van SAJR.

KROONSTAD – Die SA’s het plaasgevind te Kroonstad vanaf 26 Maart tot 1 April. Agtien Unies, Namibië ingesluit, het meegeding in Dubbels en Spanne in die laaste toernooi van die 2010/11 seisoen.

Dubbels: Mans 4de plek, Veterane 6de plek, Vroue 8ste plek, Gemengde 7de plek en O/30’s 4de plek.

Spanne: Veterane 1 9de plek, Mans 1 8ste plek, Vroue 1 11de plek en O/30’s 7de plek. Veterane 2 16de plek, Mans 2 8ste plek en Vroue 2 15de plek.

Francois van Zyl is vir die SA O/30 Nasionale Span gekies. Adrie Muller is vir die SA Meesterspan gekies.

Hierdie toernooi was ook baie spesiaal vir Bossie Liebenberg wie se naam op die Ererol van Jukskei SA geplaas is. Bossie was ook aangewys as Beste Sekretaris in SA van al die Unies vir 2010/11 Seisoen en is tans die Sekretaris van Limpopo Jukskei Unie.

Die jaarvergadering van die Unie sal gehou word op 21 Mei 2011 te Polokwane om 10:00 in die Klubhuis.

Die SA en Limpopospanne toer volgende week na Namibië en word alle sterkte toegewens.