Wildsveiling behaal hoë omset

GROBLERSDAL – Die wildsveiling van Horns and Hooves het op Saterdag 9 April te Lindeque Veilingskrale , Groblersdal plaasgevind en die afslaer was mnr Koot van Staden van Vleissentraal.

Die pryse wat die diere in die boma behaal het is as volg: Sewe en veertig Blouwildebeeste is verkoop teen ‘n gemiddeld van R2285 elk en die hoogste prys wat behaal is was R2600, 15 Elande is teen ‘n gemiddeld prys van R5800 per Eland verkoop en die hoogste prys was R5900, 17 Gemsbokke is teen ‘n gemiddelde prys van R4800 per Gemsbok verkoop, vyf Kameelperde teen ‘n gemiddelde prys van R17300 per Kameelperd is verkoop en die hoogste prys was R18500, 15 Koedoes teen ‘n gemiddelde prys van R3367 per Koedoe is verkoop en die hoogste prys was R3500, 51 Rooibokke is teen ‘n gemiddelde prys van R1400 per Rooibok verkoop, drie Rooihartbeeste teen ‘n gemiddelde prys van R5000 stuk verkoop, 12 Sebras met ‘n gemiddelde prys van R5233 per Sebra is verkoop en die hoogste prys was R5700 en elf Volstruise met ‘n gemiddelde prys van R1995 per Volstruis en die hoogste prys R2250 is verkoop. In die kategorie van manlike diere is twee Waterbokke verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R6800 elk en die hoogste prys wat behaal is was R7000. Die omset vir die verkoop van die diere in die boma was R597 750.

Die wildsveiling per katalogus se pryse het soos volg daar uitgesien. Dertig Blouwildebeeste is teen ‘n gemiddelde prys van R2200 elk verkoop, vyf Kameelperde is teen ‘n gemiddelde prys van R15000 elk verkoop en 120 Rooibokke is teen ‘n gemiddeld van R1200 per Rooibok verkoop. Die omset van die wildsveiling per katalogus was R285 000.

Die afslaer was mnr Koot van Staden.