Thabahengelklub maak lyne nat by De Rust

DE RUST – Die Thabazimbi Hengelklub se maandkompetisie vind plaas gedurende die komende naweek op 26 en 27 Maart by De Rust, Hartbeespoortdam.
Na die kompetisie sal die Hengelaars bepaal word wat aan die Bosveldtrofee gaan deelneem.  Dit gaan dus ‘n naelbytery wees van die begin tot die einde.  Die 12 hengelaars met die meeste punte sal aan die Bosveldtrofee deelneem wat gaan plaasvind gedurende die naweek van 16 en 17 April.

Die hengelaars vertrek stiptelik om 05:00 vanaf Fuelzone.  Alle navrae kan aan die Klubvoorsitter gerig word Nico 083 749 8557 / 083 348 2315.