Laerskool Platina se presteerders

Skoolprefekte vir 2011, agter vlnr: Kelebogile Madiseng, Oratile Selloe, Deidre Knuppe, Druschke van der Merwe, Carmen Uys, Dowry van As, Dawid Rankotha, Annette Willemse, Onkabetse Njoro en Indiphile Mbici. Middel vlnr: Tsepo Mashopa (onderhoofseun), Kenneth Boy (hoofseun), Melissa de Castro (hoofdogter) en Nadine Dreyer (onderhoofdogter). Voor vlnr: Jonathan Manyeli, Rikus Malan, Danie Joubert, Charmant Reynecke, Dieter Kerneck en Shaun Steenkamp.

SWARTKLIP – Laerskool Platina se presteerders vir 2010 is tydens hul prysuitdeling vereer vir hul harde werk gedurende die jaar. Die presteerders wat trofeë ontvang is as volg:

Katlego Cchimuya: Dogtersatleet van die jaar en junior netbalspeler van die jaar. Kenneth Boy: Seuns atleet van die jaar, senior gholfspeler van die jaar, Kleinhans wisseltrofee vir seun met die beste prestasie in swem, senior rugbyspeler van die jaar, Old Mutual wisseltrofee vir beste presteerder in Wiskunde Gr4-7 en Paul Barnard wisseltrofee vir mees veelsydigste sportleerling in die skool. Meschack Diale: mees gevorderde hokkiespeler. Yolande Matlare: hokkiespeler van die seisoen. Jonathan Dreyer: belowendste gholfer. Almaryn Burger: beste dogters gholfspeler. Robert van Tonder : junior gholfspeler van die jaar. Simé Greyling: Kleinhans wisseltrofee vir dogter met die beste prestasie in swem, Bets  Holtzhausen wisseltrofee vir beste presteerder in Engels Gr 7 en die Rita van Staden trofee vir beste presteerder in Afrikaans Gr 7. Randré van Niekerk: beste vordering in skaak, juniors. Adriaan Odendaal: beste vordering in skaak, seniors. Jonathan Viljoen: Odendaal wisseltrofee vir beste skaakspeler van die jaar. Heinrich Stip: junior rugbyspeler van die jaar. Brendan Vermaak: junior krieketspeler van die jaar. Shaun Steenkamp: De Sousa Wisseltrofee vir die senior krieketspeler van die jaar. Relebogile Morake: senior netbalspeelster van die jaar. Keitumetse Mahuma: Charles Stott wisseltrofee vir die mees tweetalige student in Gr 7, Kipling trofee vir beste presteerder in Engels eerstetaal en Mike Finn wisseltrofee vir beste presteerder in Afrikaans tweedetaal. Karabo Mabotja: Dickens trofee vir beste presteerder in Engels eerstetaal Gr 7. Hartman Visser: Weedoms floating trophy for most versatile pupil in Gr 7. Riaan Pieterse: HJB Kruger trofee vir seun met die beste prestasie in Afrikaans eerstetaal Gr 7. Jurie Blignaut: Shakespeare trofee vir leerder van Gr 1 tot 7 wat die beste presteer het in Kultuur. Michelle Bogosi: Pro-Arte wisseltrofee vir Gr 7 leerling wat die grootste bydrae tot kultuur gelewer het oor die totale skoolloopbaan.

Die Graad 4L se Afrikaans mediumklas van me Susan Bousema ontvang die Cilié trofee vir top seniorklas. Die Graad 3P se Afrikaans mediumklas van me Martie Swart ontvang die Schade trofee vir top juniorklas.

Carla Horn is aangewys as die Dux leerling en ontvang R500 kontant en ‘n sertifikaat.