General

VLU Thabazimbi ondersteun Borskankermaand

Daleen Venter, Hanlie Botha, Lien Botha, Pam Botha en Liz van Tonder geniet verversings by die Inligtingsdag te Lephalale.

THABAZIMBI – Die Oktober vergadering van die VLU Thabazimbi dames het op 13 Oktober te AP Kerksaal geskied waartydens die dames deur verteenwoordigers van KANSA, Rustenburg oor borskanker ingelig is.

Die ernstige saak van selfondersoeke om vroegtydig knoppe op te spoor, is deur Suster Tryna Verwey beklemtoon. Elke vrou moet ook van ‘n vroeë ouderdom jaarliks vir ‘n mammogram gaan. Sy pleit dat die dames nie moet wag tot dit te laat is nie.

Linda van Wyngaardt het voorts die mosaïekkruis demonstrasie behartig. Lede van die tak het ook die Bosveldstreek se Inligtingsdag op 20 Junie te Lephalale bygewoon. Demonstrasies deur lede van verskillende Bosveldstreek-takke het die dames geleer van kompetisie artikels vir 2011, onder andere Australiese kruissteek, gehekelde pantoffels, roompoffertjies en “quilling” groete-kaartjies. Vir meer inligting oor die tak se bedrywighede, skakel Liz by 084 436 4429.