Helené Bester bekoor gehoor

Helené Bester, regs, saam met Rita van die Kunstegrot en Mariette Galjard, links, wat haar tydens haar vertoning meesterlik begelei het.

Thabazimbi – Soos gewoonlik het Helené Bester Vrydagaand besoekers aan die KunsteGrot vermaak met haar lieflike stem. ‘n Gesellige gehoor het haar en haar begeleidster, Mariette Galjard, wat haar op die klawerbord en kitaar begelei het, begroet.

Mariette Galjard self is reeds ‘n ou bekende deur haar begeleiding van E3N tydens haar optredes by die KunsteGrot. Galjard het ook getoon dat sy een van die land se voorste begeleidende kunstenaars is wat haar ten volle by haar musiek en die kunstenaar wat sy begelei kan inleef.

Helené het verskeie van haar eie komposisies gesing en ook gewys dat die sy die klassieke werke, soos die Habanera uit Carmen van Bizet, net so gemaklik kan hanteer. Dit was veral met haar encore dat sy met haar ou bekendes losgetrek het en nog vir ‘n hele rukkie die gehoor vermaak het.

Die afsluitingskonsert van die KunsteGrot is op 19 November wanneer Manuel Escorcio die gaskunstenaar is. Kaartjies teen R120 per persoon is reeds beskikbaar vir die vertoning wat die aand om 19:00 begin.

Kontak Rita Volschenk by 083 744 8559 vir besprekings en meer inligting.