Tambotie Versorgingsentrum Jaarvergadering

THABAZIMBI – Die gemeenskap word daaraan herinner dat die vierde Jaarvergadering van die Tambotie Versorgingsentrum volgende Donderdag, 21 Oktober, plaasvind.

Dié versorgingsentrum bly steeds van gereelde maandelikse skenkings afhanklik en doen ‘n beroep op belangstellendes om ‘n skenking van enige aard te oorweeg.

Die bankbesonderhede, vir wie ook al ‘n debietorder of eenmalige geldelike skenking oorweeg, is: Tambotie Versorgingsentrum vir Verswakte Bejaardes; bankrekeningnommer by Eerste Nasionale Bank Thabazimbi : 62116503427.  Kontak ds Dirk Laufs by 0826752076 vir enige verdere navrae.