Ouma Nen vier 93 jaar

THABAZIMBI – Tannie Lena du Preez, oftewel Ouma Nen, soos sy liefdevol by haar familie bekend staan, het verlede week, 8 Oktober haar 93ste verjaarsdag gevier.
Tannie Lena is in die Waterbergdistrik gebore. Saam met haar eggenoot, Koos du Preez het hulle al die jare in die Koedoeskop omgewing gebly. Uit die huwelik is 2 kinders, 11 kleinkinders en 18 agterkleinkinders gebore. Vanweë haar verswakte gesondheidstoestand, woon sy tans by haar skoonseun Dawie en dogter, Linda Snyman.