Oud-HFM leerling deel van oorsese aksiekrieketspan

Evan Jacobs, ‘n oudleerling van HFM is gekies om as deel van die 0/14 Aksiekrieketspan volgende jaar na Neu Zeeland te toer.

POLOKWANE – Evan Jacobs, ‘n oud-leerling van Hoërskool Frikkie Meyer, is gekies om as lid van die Suid-Afrikaanse 0/14 Aksiekrieketspan ‘n toer gedurende 2011  na Neu Zeeland mee te maak. Die span sal uit 24 spelers bestaan.

Evan het die Limpop o/14 Aksiekrieketspan as kaptein gelei gedurende Provinsiale uitdunne. Limpopo het derde in hierdie kragmetings geeïndig.

Die toernooi en toetsreeks teen Neu Zeeland begin op 14 Julie 2011 in Wellington en duur tot 24 Julie 2011. Die Suid-Afrikaanse span sal teen die state-spanne sowel as in ‘n toetsreeks teen Nasionale spanne te staan kom. Hierdie is die hoogste vlak wat in Aksiekrieket behaal kan word en ‘n eer vir een en almal van die span.