Groot 85 vir Tannie Nan

Tannie Nan, wat al byna 40 jaar in Thaba woon, vier eerskomende Sondag haar 85ste verjaarsdag.

THABAZIMBI – Tannie Nan Dreyer vier eerskomende Sondag, 10 Oktober, haar 85ste verjaarsdag saam met haar familie.

Tannie Nan is al 36 jaar in Thaba woonagtig vandat sy in 1974 saam haar eggenoot, Chris Dreyer, na die bosveld gekom het. Uit haar huwelik met Chris, is twee kinders gebore. Jana, wat tans in die Kaap woonagtig is, en Paul, wat in die gemeenskap bekend is vir die musiek wat hy by talle funksies en geleenthede speel.

Tannie Nan was haar lewe lank ‘n knap tuisteskepper en het haar kinders self groot gemaak, haar gesondheid is tans nog van so ‘n aard dat sy self haar huistakies kan verrig.