Boerewors wenner aangekondig

Die oomblik was te groot vir Jaco Labuschagne, nadat dié 13-jarige seun as die algehele wenner aangekondig is. Hier word hy getroos deur mnr. Whitey Basson, die Besturende Direkteur en President van Shoprite Holdings Ltd.

Met witwarm determinasie en blink braai-tange reg vir aksie, het tien van die beste Suid-Afrikaanse boerewors-kenners op 2 Oktober vurig die stryd aangepak vir die 2010 Shoprite Checkers Championship Boereworskroon by die opwindende grand finale gehou in Sun City se Valley of Waves. Die Boereworskampioen title is uiteindelik toegeken aan die 13-jarige Jaco Labuschagne van  Boksburg, Gauteng. Hierdie nasionale kompetisie, help om ‘n tradisionele boerewors-resep te vind wat sal aanklank vind by die voortdurend veranderende smake van die meerderheid verbruikers in die land, en help Shoprite en Checkers om ‘n produk van hoë gehalte beskikbaar te stel. Jaco, ‘n leerder by Concordia Laerskool, is gekroon as Boereworskoning en het die groot eerste prys van ‘n splinternuwe Toyota Hilux 2.7 Dubbelkajuit Raised Body Raider ontvang. Verder het hy ook weggestap met ‘n R2 500 vakansie-geskenkbewys van All Gold, ‘n R2 000 Coca Cola kontantprys en R750 se Simba geskenkbewyse. Hierdie jong Boereworskampioen woon in Burton Park saam met sy pa, Lappies, ma, Dorothy, en kleinboet, Eric (10). Jaco is ‘n kranige sportman en jy vind hom meeste van die tyd op ‘n rugby- of krieketveld. Hy skryf sy sukses van sy boerewors toe aan die A-graad vleis en unieke kombinasie van kruie en speserye wat hy gebruik. Met die enorme aantal inskrywings ontvang moes 416 beoordelaars van die Suid-Afrikaanse Sjefsvereniging 45 000 stukkies boerewors in beide rou en gaar formaat proe en evalueer gedurende 83 streek- en 10 provinsiale rondtes om uiteindelik net die tien beste te vind wat sou swaarde kruis by die laaste rondte in Sun City. Aktrise Brümilda van Rensburg en befaamde kunstenaar Soli Philander was die aanbieders vir die dag en het die skare op die strand vermaak.