Gholf se Bielie van die Bosveld hierdie naweek

THABAZIMBI – Daar is seker nie ‘n enkele sportliefhebber wat die afgelope naweek nie ‘n paar grys hare of stomp gekoude naels bygekry het nie. Afgesien van die spannende rugby, was die meeste gholfspelers seker vasgenael aan die kassie en Ryder Beker wat op die end deur Europa met ‘n enkele punt gewen is.

Tog het daar nog spelers Saterdag aan die plaaslike IPS deelgeneem. Sarel Marais wen met 40 punte. Nita Barnard (38), Alta Venter (37) en Louise van Graan en Billy Pring op 36 was ook onder die wenners.

Hierdie naweek is dit die Bielie van die Bosveld. Dit gaan ‘n besondere kompetisie wees met die Pro Shop as borg. Die borg gaan ook ‘n hele vrag voorraad vir belangstellendes beskikbaar hê. Saterdag 16 Oktober is dit weer liga op die Seasons (Brits) baan. Die dames speel liga op Swartklip.

Vollie Volschenk