EntertainmentTop Stories

Mooistes van die mooies by Oesfees

Mej Oesfees (14 -18 jaar) se wenners is: Lora Mari Vermeulen (regs) het “Britney Spears” voorgestel en is as Tweede Prinses aangewys. Mary Borowski (links) het “Barbie” voorgestel en is as Eerste Prinses aangewys. Mej Oesfees 2010 is Rozelle Bester (middel), sy het “Sneeuwitjie” voorgestel.

DWAALBOOM – Septembermaand kondig nie net die lente aan nie, maar is ook die maand waarin die jaarlikse Dwaalboom Oesfees gevier word.

Die Mej Oesfees kompetisie het Vrydag 10 September plaasgevind met me Louise Penzhorn, van Pick ‘n Pay Thabazimbi, me Tessa Esterhuizen en
me Leonie Rebb as beoordelaars. Pick n Pay het as algehele borg vir hierdie funksie ingetree. Daar was vyf kategorieë waarvan die babakompetisie ‘n eerste vir Dwaalboom Oesfees was. Volgens die organiseerders was hierdie kompetisie ‘n reuse sukses en word daar reeds uitgesien na volgende jaar se feesvieringe.