Potjiekoskompetisie ten bate van Barongwa Angels

THABAZIMBI – ‘n Heerlike familiedag met Potjiekos op die spyskaart word vir Saterdag 2 Oktober by die Thabazimbi Rugbyklub beplan.

Die Potjiekoskompetisie, waaraan spanne van vier persone elk kan deelneem, skop Saterdagoggend om 09:00 af wanneer daar vir groot pryse kompeteer gaan word. Die inskrywingsfooi is R200 per span en alle fondse sal aan die Barongwa Angels geskenk word. Pryse vir die beste stalletjie en gees is ook op die spel, terwyl die eersteplek wenners wegstap met vier rooibokke, die tweedeplek wenners ontvang vier swartpotjies en die derdeplek wenners ontvang elk ‘n gasbraaier. ‘n Hele aantal “spot” pryse sal ook weggegee word. Beoordeling vind plaas om 15:00. Kontak Deon Louw by 083 455 9652 of Marius Swanepoel by 083 396 8422. Almal is welkom om die dag saam te kom geniet, bring enige nie-bederfbare voedsel as toegangsfooi.