Waarskuwing teen veediefstal

DWAALBOOM – Die afgelope September maand het Dwaalboom boere se vee deurgeloop met vee diefstalle. Die Vee Diefstal eenheid in Dwaalboom vra dat die boere en gemeenskap wat in die omgewing ry op die uitkyk sal wees, veral daar waar daar vee krale langs die pad is.

Die verdagte ry met ‘n redelike groot sleepwa in die aande en breek die vee krale oop om die beeste te steel. Enige inligting kan aan Adjudant Offisier KP van Dyk van Dwaalboom,  gerapporteer word by 078 251 0860 of u naaste Polisie stasie.