General

VLU Strewetak word geïnspireer met blomme

THABAZIMBI – Die dames van VLU Strewetak het op Dinsdag 7 September vergadering gehou en die tema was heel gepas vir die lente, blomme. Deidré van Krimpvarkies en Vlinders het die dames meer kom leer van blomme rangskik. Sy het onder andere die dames gewys hoe om met die blomme in jou tuin die mooiste rangskikkings te maak om jou huis op te kikker vir hierdie lente seisoen.